Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Landbouweekblad by Media 24 Ltd - Available

Landbouweekblad

Apr 16 2026
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

IN ’N BLIK

Stories wat in die landbou saak maak

Landbou verloor byna R64 000 miljard weens weerrampe – VLO

Wenner

Verloorder

Duurder brood, mieliemeel ‘nié die boer se skuld’ • Sowat 80% van die prys van ’n brood word bepaal deur die koste van die kleinhandelaar, die meulenaar en die bakker. ’n Boer se aandeel deur die koring wat hy of sy vir ’n brood produseer, is minder as 20%.

Ervaring kry ons deur die moeilikheid

Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com

Gryp die staat in, of vergryp hy hom?

‘Byenes’ oor dieselbybetalings • Private aankopers van diesel op groot maat vir die landbou en vervoersektor het talle vrae oor bybetalings van R2-R5 per liter diesel wat groot dieselverskaffers sedert 31 Maart vir hul dieselbestellings vra. Een van die kwessies is of groot dieselverskaffers probeer om die balansheffing wat nie op brandstofpryse vir April gehef is nie, só terug te kry.

Só kan boere duurder kunsmis, brandstof klop

Sitrusuitvoer kan ondanks onsekerheid groei

Jag hou kop bo water • Bek-en-klouseer (BKS) plaas toenemend druk op Suid-Afrika se wild- en veesektor, maar die jagbedryf self bly grootliks veerkragtig terwyl streng maatreëls oor die verskuiwing van diere wel die veilingbedryf op plekke aan bande lê.

Staat gekasty, koop tyd in BKS-hofsaak

Volgende besending LNR-entstof dui op verhoogde produksie • Die Landbounavorsingsraad (LNR) het pas nog 20 000 dosisse van sy eie entstof teen bek-enklouseer (BKS) beskikbaar gestel.

Gevaarligte flikker vir winterreëngebied • Probleme word voorsien in die winterreëngebied in 2026 en daaropvolgende winters.

Dié minimum opbrengs vanjaar nodig in die Swartland om gelyk te breek • Nat of droog, bestee jou geld doeltreffend, sê ’n Overberg Agri-landbou-adviseur. Die verwagte minimum opbrengs per hektaar wat koringboere in die Swartland vanjaar sal moet behaal net om die winsdrempelvlak (gelykbreekpunt) te haal, is 2,71 ton teen ’n Safex-koringprys van R6 000 per ton.

Risiko vir nat oestyd van somergrane • Die toestande gedurende die oestyd van somergrane vanjaar kan moontlik weer nat wees, terwyl weermodelle dui op ’n waarskynlikheid van meer as 80% dat ’n El Niño-verskynsel later vanjaar gaan ontwikkel.

Projek mik na 100 000 weerstasies vir Afrika • ’n Droom wat ’n Oostenrykse sakeman al langer as 30 jaar vir Suid-Afrika en die res van Afrika koester, het gestalte gekry in ’n projek waarvolgens beoog word om binne drie jaar 100 000 weerstasies in Afrika op te rig.

Maniere gesoek om rompslomp met saadhandel te verminder • Die inkonsekwente toepassing van fitosanitêre reëls veroorsaak ekstra koste en vertragings om saad betyds by boere te kry. Digitale oplossings en nouer samewerking is van die pogings om die probleem op te los, is onlangs tydens die Afsta-kongres in Kaapstad gehoor.

Saadpryse nog stabiel, maar styging moontlik • Saadpryse is nog stabiel, maar die onregstreekse impak van die Midde-Oosterse konflik kan mettertyd prysdruk bring.

Wetgewing kan mikroplastiek in saadbedekkings verbied • Bedekkings om saad te verbeter, bevat mikroplastiek en wetgewing is op pad om dit uit te faseer. Die saadbedryf kry die skuld vir 1% van die mikroplastiek in die omgewing.

Nuwe naspeurbaarheidsplatform help wolbedryf sy goeie storie beter vertel

Midde-Ooste nié bron van SA se ruolie . . . maar hiér is die risiko’s • Suid-Afrika het nie ’n probleem om ruolie te bekom nie, maar...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans