Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
HALLO
Tuis
Ons lesers sê • Stuur ’n e-pos na redakteur@tuis.co.za en tik in die onderwerpreël: Brieweblad. Gesels saam by facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.
Van roes tot robyn • Gee jou dekor woema met ’n spatsel rooi – net ’n tikkie bring ’n mens ver.
Wat’s nuut • Stuur dekor- en leefstylnuus na johane.neilson@tuis.co.za.
VIERKANTE in ’n bos • ’n Erf wat eens ’n kwekery gehuisves het, is nou ’n droomblyplek wat jou terugvoer na die styl van die sewentigerjare.
Op die horison • Die asemrowende uitsig is die fokuspunt in hierdie Noordkus-huis, waar ’n neutrale palet tot die rustige, elegante atmosfeer bydra.
In ’n klein paradys • ’n Aangename verrassing het op ’n natuurliefhebber-aktrise gewag toe sy in haar soeke na ’n nuwe tuiste gelei is na ’n landelike gemeenskap buite Stellenbosch.
Diep in droomland • Gordyne met patrone, handgemaakte oorgooidekens, manjifieke plakpapier en treffende kopstukke is wat hierdie slaapkamers bo die res laat uitstaan!
INKOPIES
SKRYF NOU IN! • Sit dit in jou pype om ’n plek mooi reg te ruk? Sal ’n kontantprys met die komplimente van Gelmar help om jou droomhuis ’n werklikheid te maak? Inskrywings vir ons Regruk met flair-kompetisie is nou oop.
Mooier op elke manier • Met noukeurige beplanning en stylvolle ontwerpkeuses het ’n jong paartjie ’n eens verlate plaashuis omskep in ’n warm gesinshuis waar almal dadelik welkom voel.
Vra die kenners • Reg vir pienk in al sy speelse skakerings, of op soek na keramiekware wat aan die see herinner? Vra net – ons kry die antwoorde.
Dieremaniere
Tuindagboek ’n Herfs-skouspel • Wanneer ’n mens aan herfs dink, sien jy dadelik voor jou geestesoog die manjifieke skakerings van bome wat verander van groen na geel, oranje, pers en rooi. Tog is daar soveel meer aan hierdie lieflike seisoen – soos dié 10 skoonhede wat sal sorg vir kleur in jou blom- en randbeddings.
Tuinkopies
BLOKRAAI #191
Sprokie vir ’n stadskind • Deur immergroen struike en blomplante vir elke seisoen te kies het Vanessa Brink ’n tuin tot stand gebring wat heeljaar mooi lyk.
’n Tuin wat altyd blom • Helena de Kock se George-tuin praat in elke seisoen van die jaar kleurvolle stories – en geur boonop die lug en voed die siel.
Tra-la-la LASAGNE! • Lasagne is immer gewild in al sy gedaantes: Berei die ragù stadig of kies kortpad en maak sop, óf vul die lae met botterskorsie en braai dit in saliebotter vir ’n ‘broodjie’. Die wit hoender-en-sampioenweergawe in ’n luukse kaassous gaan beslis ook harte steel!
Kos is op die tafel!
Kos & drank
Los’it liggies, my bra! • Vergeet maar van wêreldvrede, skryf Karin Brynard, dalk moet ons liewer probeer om meer te lag. Die lewe is absurd genoeg.