Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Kuier by Media 24 Ltd - Available

Kuier

Apr 23 2026
Magazine

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Kuier

HALLO, KUIER-LESERS!

BOODSKAPPE

ONS LESERS vertel… • Gewapen met sy ouma en oupa se waardes en ’n graad in jazz-studies maak dié musikant en onnie ’n verskil in klaskamers en sy gemeenskap

Jalene: QUEEN VAN HAAR EIE KASTEEL • Op 46 is die lewe nie meer vir haar ’n dress rehearsal nie – dit wil voluit gelewe wees – met ’n blom in die hare en al! Jolene Martin maak oop oor ouer word, haar jongste rol en hoe sy haar passies najaag

‘DANKIE, MAMMA, VIRJOU LIEFDE, MOED EN GELOOF’ • ’n Seun deel sy laaste, hartverskeurende brief aan sy vermoorde ma - met sy antie in die beskuldigdebank vir een van die grusaamste moorde nog

’N BRIEF AAN SY MAMMA • Menno het op Paassondag, ’n dag ná sy ma se begrafnisdiens, ’n hartroerende brief aan haar geskryf en met Kuier gedeel:

VAN BOEKHOUER TOT BLOEDSKOONMAKER • Haar werk as 'n ‘bloedsuster' is nie iets wat sommer enigeen kan aanpak nie, maar dié ma doen dit met deeglikheid en empatie

JONGES IS WERKLOOS, GELDLOOS, MOEDELOOS • Honger gaan slaap is geen grap nie. Maar dis die werklikheid van te veel jong, gesonde Suid-Afrikaners wat maar net nie werk kry nie, al probeer hulle hoe hard soek. Baie gee op, of daag in hul duisende op vir 'n handvol poste . . .

JEUGWERKLOOSHEID IN SA

‘DIÉ MOEILIKE BESLUIT IS TOE BEMAGTIGEND' • Verushka Singh se besluit om uit haar titel as Mev. Suid-Afrika te bedank was een wat nie ligtelik geneem is nie. Sy vertel hoe haar bewuswording van haar leierskaprol by die huis haar besluit gevorm het

FAGRIE VLIEG SOLO BOONTOE • Die veteraansanger Fagrie Isaacs gesels oor sy lang pad in musiek met al die afdraaie en stopstrate tot sy huidige solo-sukses

‘MIX MASALA'ERFENIS HAAR SUPERPOWER • Die multi-talentvolle Chanley Wong van Expresso vertel ons meer oor haar herkoms, drome en waar haar liefde vir die vermaakbedryf ontstaan het

'N TUISGEMAAKTE HELD • Van werk as 'n sweiser in die Weskus-dorpie Saldanha tot internasionale rugbysterstatus. Shilton van Wyk deel sy reis na groen en goud

DEKADENTE LEKKERTE! • As jy probeer gewig verloor is sy boek níé vir jou nie, skryf die inhoudskepper en foodie Kenneth Tebogo Middleton in sy kookboek, Paradise. Soveel van vandag se koskultuur is toegedraai in skuldgevoelens en beperkings. Paradise is die teenmiddel - dit gaan oor plesier en ja sê vir daai tweede porsie, stuk koek of ekstra kaas, en om jou huismense te bederf sonder om sorry te sê. Hy deel van sy resepte hier

10 MODETRUUKS VIR JOU KLEREKAS • Ons deel lekker modetruuks wat jy kan inspan om trendy looks te skep en nuwe lewe in ou items te blaas! DEUR ZOË FAULMANN

ROND SÓ JOU LIPPE MOOI AF • Matte, satyn, blink of deursigtig? Vind die perfekte afwerking vir jóú lippe

MAAK 'N ERFSTUK • Dié pragtige kwilt word met twee patrone geskep. Ons het inheemse shweshwe-materiaal vir dié kwilt gebruik. Jy kan enige 100 persentkatoenmateriaal gebruik, solank jy ontwerpe kies wat kontrasterende donker en ligte kleure het

VRA VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad

VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ‘n mediese probleem?

MENOPOUSE EN JOU GEMOED • Dis nie jou verbeelding nie: Die hormoonveranderinge tydens menopouse kan daartoe lei dat jy makliker as gewoonlik ge”rriteerd of buierig voel. Hier is raad

SÓ VERSKIL BUIERIGHEID TYDENS PERI- EN...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans